Lys van lande volgens lewensverwagting

Hierdie is 'n lys van lande volgens lewensverwagting by geboorte, die gemiddelde aantal jare wat 'n groep mense wat in dieselfde jaar kan leef indien mortaliteit by elke ouderdom konstant bly in die toekoms. Die inskrywing sluit die totale bevolking sowel as die manlike en vroulike komponente in. Verskeie nie-soewereine entiteite word ook by hierdie lys ingesluit. Hierdie lys reflekteer nie direk die kwaliteit van gesondheidsorg van die lande nie. Syfers kom van die 2008 CIA-Wêreldfeiteboek[1] en van die 2006 hersiening van die Verenigde Nasies se Wêreldbevolkingsvooruitsig vir die periode 2005–2010.[2] Slegs lande/gebiede met 'n bevolking van 100 000 of meer in 2007 is in die VN se lys bevat

Die lewensverwagting (albei geslagte by geboorte) van die wêreld is 66,26 jaar (64,3 jaar vir mans en 68,35 vir vroue) vir 2008 volgens die CIA-Wêreldfeiteboek 2008 en 67,2 jaar (65,0 jaar vir mans en 69,5 jaar vir vroue) vir 2005–2010 volgens die Verenigde Nasies se Wêrelsbevolkingsvooruitsig 2006. Lewensverwagting wissel van 84,33 jaar in Macau tot 31,99 jaar in eSwatini. Baie van die lande met die laagste lewensverwagtinge, nl. eSwatini, Botswana, Lesotho, Zimbabwe, Suid-Afrika, Namibië, Zambië, Malawi, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Mosambiek en Guinee-Bissau ly onder hoë MIV/Vigs besmetting, met die algemeenheid onder volwassenes wat wissel van 10% tot 38,8%.[3] Let ook daarop dat in lande met 'n hoë kindersterftesyfer die lewensverwagting by geboorte laer kan wees en dit weerspieël nie noodwendig die lewensverwagting van 'n persoon wat sy/haar eerste lewensjaar oorleef nie.

  1. CIA – The World Factbook 2008 Geargiveer 28 Mei 2014 op Wayback Machine – Rangorde – Lewensverwagting by geboorte
  2. United Nations World Population Prospects: 2006 revision – Tabel A.17 vir 2005–2010
  3. CIA – The World Factbook 2008 Geargiveer 21 Desember 2014 op Wayback Machine – Rangorde – MIV/Vigs – Algemeenheid onder volwassenes

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search